Wetenskaplikes onder Trump-druk oor klimaatsverandering

Amerikaanse wetenskaplikes het dit vermy om Januarie se hoë wêreldtemperature te koppel aan klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak is. Ondanks berigte dat temperature 1,33 grade Celcius hoër was as die gemiddeld vir die 20ste eeu, het navorsers aan die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie versuim om te sê dat kweekhuisgas-uitstraling vir die verhoging verantwoordelik is. Volgens New Scientist ondervind die agentskap verhoogde druk van die Trump-administrasie om klimaatsverandering te onderspeel, met verwysings na aardverwarming wat van hulle webbladsye verwyder is.