Viering vir ietermagôdag eers op 15 Maart

Die viering van Wêreld-ietermagôdag is tot 15 Maart uitgestel. Handel in die kwesbare spesie het die afgelope ses jaar baie toegeneem met 499 ietermagôs wat gestroop is. Ietermagôs in Namibië is ook in ‘n krisis weens die langdurige droogte wat hul voedselvoorraad ernstig beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation.