Swapo se Walvis-kantoor brand terwyl personeel roudiens reël
‘n Brand het vanoggend ontstaan by die streekskantoor van die Swapo-party op Walvisbaai. Volgens beeldmateriaal het die kantoor redelik erg gebrand maar die omvang van die skade moet nog bepaal word. Die brand het volgens berigte ontstaan toe ‘n brandende kers in die kantoor gelaat is deur personeel wat na die Kuisebmond-stadion vertrek het om reëlings te tref vir stigterspresident Sam Nujoma se gedenkdiens aan die kus môre.