SA kan nie op Eskom as alleen kragvoorsiener staatmaak nie

Die DA sê Suid-Afrika kan nie op Eskom as sy basiese energiebron staatmaak nie. Dit volg nadat die kragvoorsiener Sondagoggend fase ses-beurtkrag ingestel het weens instandhouding en nadat talle eenhede uitgeskakel het. Kevin Mileham van die DA sê die oorafhanklikheid van Eskom om die netwerk te onderhou en nuwe opwekkingsvermoë te skep, het daartoe gelei dat ʼn alleenhandel in voorsiening geskep is wat basies ʼn enkele oorsaak van mislukking is: