Regulasies vir olieoordrag ter see kan pikkewyne red
Die DA sê die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, se publikasie van die konsepregulasies oor aflandige olieoordrag toon sy toewyding aan die beskerming van mariene ekostelsels en die Afrika-pikkewyn. Brandstofoordragoperasies in die Oos-Kaap is die skuld gegee vir die ineenstorting van die pikkewynbevolking op St Croix-eiland. Andrew de Blocq van die DA sê brandstofoordrag hou ‘n ernstige gevaar in vir die omgewing.