Pous het vroeë nierversaking
Die Vatikaan sê pous Franciskus is steeds in ʼn bedenklike toestand maar het nie verdere asemhalingskrisisse beleef nie. Die 88-jarige pous is ʼn week gelede in die hospitaal opgeneem nadat hy met dubbele longontsteking gediagnoseer is. Die leier van die Rooms-Katolieke kerk ontvang steeds suurstofterapie en het bloedoortappings gehad. Die Vatikaan sê pous Franciskus se bloedtoetse dui op vroeë nierversaking wat tans onder beheer is. Hy sê die pous is wakker en weet wat om hom aangaan.