Noronex ondersoek ‘indrukwekkende’ koper-silwer mineralisasie
Noronex, die Australiese eksplorasiemaatskappy, bring ‘n diamantboor-tuig vir opvolgwerk by sy Fiesta-projek in Namibië se Kalahari-kopergordel. Beduidende mineralisasie van koper en silwer in ‘n gebied 500 meter wes van vorige afsnitte is bevestig. Die maatskappy is besig om die diamantboor-tuigkontrak te finaliseer om ‘n 2 000 meter-program by Fiesta en omliggende vooruitsigte te voltooi. Hoofgeoloog Bruce Hooper het die koper- en silwer-resultate as indrukwekkend beskryf en sê hulle wil die volle breedte van die mineralisasie ondersoek, aangesien die sisteem heeltemal oop is in ‘n westelike rigting.