NamPol bevestig Nujoma-prosessie se roete in Walvisbaai
Die oorskot van stigterspresident Sam Nujoma kom môre op Walvisbaai aan voor die streeksgedenkdiens. Die amptelike gedenkdiens is geskeduleer vir 2-uur by die Kuisebmond-stadion. Inwoners word aangemoedig om betyds op te daag en werkgewers word versoek om hul werknemers toe te laat om die diens by te woon en, indien moontlik, vervoer te verskaf. Die polisiewoordvoerder van die Erongo-streek, hoofinspekteur Ileni Shapumba, het die prosessie se roete verduidelik.