Man, vermoedelik dronk, ry kind dood, beseer twee February 24, 2025

‘n Tragiese ongeluk het by die Kap en Bou-nedersetting in Otavi plaasgevind. Die Namibiese polisie sê ‘n man, sonder ‘n rybewys en vermoedelik onder die invloed van drank of dwelms, het in ‘n erf ingejaag waar drie kinders, drie, vyf en ses jaar oud, gespeel het. Al drie kinders is ernstig beseer en hospitaal toe geneem. Die vyf-jarige is op pad dood. Die man is in hegtenis geneem maar dit is nie duidelik wanneer hy in die hof sal verskyn nie.