Lus vir boer? Kry ‘n groenskema-plot!

Die landbouministerie het verskeie plotte by vier groenskemas beskikbaar gestel vir kleinskaalse boere om te huur. Daar is 28 by die Etunda-skema in die Omusati-streek, een by Musese en vier by Ndonga Linena in die Kavango-streke, en drie by die Oranjerivier Besproeiingsprojek beskikbaar. Die sperdatum is met ‘n maand verleng tot 31 Maart. Aansoekers moet hulle voorstelle teen 11-uur daardie oggend indien. Die regering sukkel ‘n geruime tyd om produksie by groenskemas te verbeter.