Liverpool sit gemaklik bo, 11 punt voorsprong 

Liverpool het ʼn voorsprong van 11 punte boaan die Premierliga se ranglys nadat hy Manchester City op die Etihad-stadion met 2-0 verslaan het. Mohamed Salah het die Reds se eerste punte aangeteken met sy 30ste doel van die seisoen voordat Dominik Szoboszlai die tweede ingeskop het om al drie punte te verseker. Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê in elke ander liga sou ʼn voorsprong soos hierdie baie gemaklik wees, maar nie in die Premierliga nie: