Klein herlewing by Kalimbeza

Dit wil voorkom asof die Kalimbeza-rysprojek weer lewe kry. Daar word berig dat aanplantings wat in Oktober gedoen is, ‘n 70 metrieke ton oes gelewer het. Die projek sukkel reeds jare en terwyl daar 229 hektaar uitgesit is, is net 150 besproeibaar en 79 hektaar is onproduktief. Die 70 ton oes is net op 37 hektaar aangeplant omdat die nodige toerusting vir groter aanplantings ontbreek. Die oes kan ook nie nou bemark word nie omdat die masjinerie wat die rys moet sorteer stukkend is.