Hamas sal nie verder onderhandel voor naweek se gevangenes nie vry is nie

Hamas-amptenaar Basem Naim sê samesprekings met Israel deur middel van bemiddelaars oor verdere stappe in die skietstilstand-ooreenkoms is op voorwaarde dat Palestynse gevangenes vrygelaat word soos ooreengekom. Sy aanmerkings kom na Israel Sondag gesê het hy vertraag die vrylating van honderde Palestynse gevangenes wat hulle Saterdag huis toe sou gestuur het, tot Hamas aan sy voorwaardes voldoen. Volgens eerste minister Benjamin Netanyahu sluit dit in dat die vrylating van die volgende gyselaars verseker word en dat dit sonder vernederende seremonies is.