Engelse oorwinning oor Skotland kan as wraak gesien word

Engeland se Sesnasies-oorwinning oor Skotland op Twickenham kan gesien word as wraak vir die Skotse mede-kaptein, Finn Russell, se selfvoldaanheid van ‘n jaar gelede. Russell het na verlede jaar se vierde agtereenvolgende oorwinning oor hulle aartsvyand gesê dit word ‘n gewoonte. Engeland het egter vanjaar die Calcuttabeker teruggewen deur Skotland 16-15 te klop nadat Russell drie doelskoppe verbrou het. Die laaste een was in die doodsnikke toe hy nie die vleuel Duhan van der Merwe se drie kon verdoel om die wedstryd te beklink nie.