Duisende dollar se dwelms oor naweek gevind
Twee Namibiese mans is Saterdagoggend by die Noordoewer-grenspos vasgetrek ná beamptes 1,78 kg dagga in ‘n kompartement van hul bussie gevind het. Die waarde van die dwelms word op 89 000 Namibiese dollar beraam. Op Gochas is ‘n man in hegtenis geneem omdat hy in besit van 195 g dagga ter waarde van 9 500 dollar was. Op die pad tussen Gochas en Gibeon is nóg ‘n man gearresteer wat 10 Mandrax-pille ter waarde van 1 200 dollar in sy besit gehad het. Op Otjiwarongo is ‘n man in hegtenis geneem met 200 g dagga en 200 Mandrax-pille met die totale waarde van 34 000 dollar in sy besit.