Brandstofprys kan daal

Oliepryse het vir vier opeenvolgende weke tot minder as 75 Amerikaanse dollar per vat geval, die laagste in drie maande. Die daling is danksy die Amerikaanse president, Donald Trump, se fokus op die groter produksie van fossielbrandstof. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor of laer oliepryse tot goedkoper brandstof sal lei.