BoN vergader met sakeleiers in finansiële sektorFebruary 24, 2025
Die Bank van Namibië het onlangs ‘n rondetafel-geleentheid vir uitvoerende hoofde aangebied, wat leiers uit die finansiële sektor betrek het. Die bank het sy strategiese plan vir 2025 tot 2027 onthul, met goewerneur Johannes! Gawaxab wat Namibië se geprojekteerde 4 persent BBP-groei vir 2025 beklemtoon het asook die bank se verbintenis tot monetêre stabiliteit. Die sentrale bank gaan die gesamentlike aanbieder van die 2025 AFI Globale Beleidsforum wees, wat Namibië se leierskap in finansiële insluiting en innovasie versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge, wat meer inligting gee.