Besige tyd vir Namport, passasiers kom aan 

Namport het sedert die begin van die jaar agt passasiersvaartuie verwelkom. In April sal die Queen Anne Walvisbaai aandoen. Sy is die tweede grootste skip in die Cunard vloot, na RMS Queen Mary 2. Die Queen Mary 2, een van die grootste passasierskepe wat ooit gebou is, sal in 2026 by Walvisbaai vasmeer. Namibiërs kan ook ‘n prettige ervaring verwag wanneer die MSC Musica met die beste jazz-musikante by die hawe dok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cliff Shikuambi, Namport se woordvoerder, wat ‘n oorsig gee van hulle besige jaar.