Sasol se Secunda-aanleg in gedrang
‘n Nuwe studie voorspel Sasol se aanleg in Secunda, Mpumalanga, sal van 2030 afskaal weens koolstofbelasting, uitlatingsteikens en steenkool- en gasreserwes wat verminder. Kenners voorspel produksie sal afneem, wat Suid-Afrika se ekonomie sal raak. Sasol weerspreek egter die aansprake dat die aanleg sy einde nader en beklemtoon hernubare energiebeleggings en verbeterde doeltreffendheid. Die maatskappy hou vol hy sal aanpas, eerder as sluit, ondanks toenemende omgewings- en finansiële druk.