SA hoop gryslysdae is getel

Die Finansiële Aksie-taakspan het vier van Suid-Afrika se ses agterstallige aksie-items opgegradeer. Volgens die Nasionale Tesourie kan die land in Oktober van die gryslys verwyder word aangesien 20 van die 22 items uitgeklaar is. Die Tesourie bevestig dat die owerhede aanhou met pogings om ondersoeke ten opsigte van geldwassery en terrorisme-finansiering te verbeter. Die reguleerder het die vooruitgang erken, maar versoek verdere optrede voor die einde van die volgende rapporterings-periode in Junie. Die Tesourie het reguleerders se voortdurende pogings verwelkom.