Oekraïne hardkoppig oor aardminerale
President Volodymyr Zelensky van die Oekraïne is nie gereed om ‘n ooreenkoms met die VSA te sluit wat dié moontheid voorkeurtoegang tot die land se skaars aardminerale gee nie. President Donald Trump verwag spesiale toegang as vergoeding vir die miljarde in hulp wat sy voorganger, Joe Biden, aan die Oekraïne geskenk het. Trump se veiligheidsraadgewer, Mike Waltz, het Vrydag voorspel dat die ooreenkoms binnekort gesluit gaan word, maar ‘n AFP-bron in die Oekraïne het dit Saterdag ontken.