Krieket: Australië verpletter Engeland
Australië het Engeland verstom deur ‘n reuse-wenteiken te bereik in hulle Kampioentrofee-wedstryd in Lahore, Pakistan. Engeland het 351 vir agt behaal, danksy Ben Duckett se 165 and Joe Root se 68. Australië se tweede paaltjie het op 27 geval, maar Josh Inglis se honderdtal en vyftigtalle deur Marnus Labuschagne en Alex Carey het hulle kolfbeurt gered. Hulle het die teiken gehaal met vyf paaltijes plat en 15 balle oor. ‘n Sprankelwedstryd word vandag verwag tussen Pakistan en Indië in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate.