Kavaliers klop Welwitschias op tuisveld
Die Boland Kavaliers het Saterdagmiddag in Windhoek ‘n oorwinning van 54-24 teen Namibië se Welwitschias behaal. Die halftydtelling in dié vriendskaplike kragmeting by die Hage Geingob-stadion was 26-12 in die guns van die besoekers. Die wedstryd was deel van die Welwitschias se voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker in Australië in 2027.