Islamitiese terreuraanval in Frankryk
Een persoon is dood en twee polisiebeamptes ernstig beseer in ‘n mesaanval Saterdag in die ooste van Frankryk. President Emmanuel Macron het dié aanval in Mulhouse as ‘n “Islamitiese terreurdaad” beskryf. Die verdagte, wat in hegtenis geneem is, is deel van ‘n waaklys vir die voorkoming van terreur.