Hupstoot vir elektriese voertuie in Namibië

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n regulatoriese raamwerk goedgekeur vir die installering en bedryf van infrastruktuur om elektriese voertuie in Namibië te herlaai. Volgens die uitvoerende hoof van dié raad, Robert Kahimise, sal die raamwerk in die begin van April vanjaar in fases geïmplementeer word. Daar is tans sowat 100 elektriese voertuie in Namibië.