Elisenheim-luislang fopnuus, sê kenner

Die video van ‘n reuse-luislang op Elisenheim wat die afgelope dae opslae op sosiale media maak, is fopnuus, sê slangkenner Francois Theart. Vier slangvangers van Elisenheim kon geen spoor van dié slang vind nie, sê hy. Volgens Theart, stigter van die Facebook-blad Snakes of Namibia, is die video se oorsprong in Suid-Afrika en nie Namibië nie. Dit is belangrik om inligting te verifieer voordat dit geplaas, veral in gevalle soos dié, het Theart beklemtoon.