Duitsland trek kruisies
Duitse kiesers koers vandag stembus toe met konserwatiewe steun in dié land wat aansienlik toegeneem het ná die dramatiese terugkeer van president Donald Trump na die Withuis. Opposisieleier Friedrich Merz van die Christelike Demokratiese Unie is die gunsteling om te wen met verkiesingsbeloftes van ‘n groter stem vir Europa midde internasionale politieke ontwrigting. Sou hy wen, beteken dit die einde van kanselier Olaf Scholz en die Sosiale Demokrate.