China, Korea help dokter Afrika

China en Korea het 73 miljoen Namibiese dollar aan die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming geskenk om te help met befondsingstekorte ná Amerikaanse begrotingsbesnoeiings. Die VSA het sy verbintenis van nege miljard dollar tot sewe miljard dollar verminder. Die sentrums se direkteur, Jean Kaseya, het die bydrae verwelkom en die dringende behoefte aan alternatiewe befondsing beklemtoon. Die sentrums het ook die Afrika-epidemiefonds begin om finansiële bestendigeid te bevorder en die veerkragtigheid van gesondheidsorg in Afrika te versterk.