Sokker: G’n SA-derbie in April

Daar sal nie in April ‘n Suid-Afrikaanse derbie in die CAF Kampioeneliga se kwarteindronde wees nie. Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns het mekaar vermy in die trekking in Katar. Pirates, wat bo-aan groep B geëindig het, kom te staan teen Mouloudia Alger van Algerië, terwyl Sundowns Esperance van Tunisië pak in ‘n herhaling van verlede jaar se halfeindstryd. Die verdedigende kampioen, Al Ahly van Egipte, meet kragte met Al Hilal van hulle buurland, Soedan, en Pyramids van Egipte speel teen Royal Armed Forces van Marokko.