Sinkgate vreet stad in Amasone

‘n Stad in die Amasone in Brasilië is toenemend die slagoffer van enorme sinkgate. Die munisipaliteit van Buriticupu moes ‘n noodtoestand verklaar ná gate van etlike meter diep die afgelope weke voorkom. Sowat 1 200 mense uit die totale bevolking van 55 000 loop die gevaar dat hul huise in die slag gaan bly. Verskeie geboue is reeds vernietig. Die probleem word vererger deur reën, swak bouwerk en ontbossing.