Rand skep asem ná moeilike week

Suid-Afrika se rand was Vrydag stabiel ná ‘n onstuimige week waarin dit verswak het, omdat die land se nasionale begroting op die nippertjie uitgestel is. Ontleders sê dié uitstel, die eerste in die land se post-apartheidgeskiedenis, beteken weke van onsekerheid voordat ‘n nuwe begroting in die middel van Maart aangebied word. Danksy ‘n herstel in die internasionale goudprys het die rand egter ‘n hupstoot gekry en Vrydag op 18,37 teenoor die Amerikaanse dollar gesluit. Die Suid-Afrikaanse begroting is Woensdag uitgestel weens meningsverskille binne die land se koalisie-regering oor ‘n voorstel om die waarde-toegevoegde belasting te verhoog.