Noorweë beplan salmboerdery aan Namibiese kus

‘n Groep Noorweegse veterane in die visbedryf beplan ‘n nuwe projek om aflandig in Namibië met salm te boer. Dié projek, onder leiding van Torben Foss, ‘n voormalige vennoot van PwC in Noorweë, wek groot belangstelling onder beleggers in dié land, asook in Namibië, China en Suid-Afrika, berig IntraFish. Die maatskappy, genaamd African Aquaculture Company, het reeds drie permitte ontvang vir die produksie van sowat 51 000 metrieke ton Atlantiese salm.