Nóg goeie nuus uit Oranjekom

Boorwerk aan Rhino Resources se Sagittarius 1-X-boorgat in die Oranjekom aan die Namibiese kus is voltooi en ‘n reservoir is gevind wat waterkoolstof bevat. Waterkoolstof is ‘n aanduiding van die teenwoordigheid van olie en gas. Rhino Resources se uitvoerende hoof, Travis Smithard, sê die resultate sal verder ontleed word. Die eksplorasiemaatskappy het vandeesweek reeds met boorwerk aan  Capricornus-1X begin, wat na verwagting 47 dae sal duur. Rhino Resources se vennote in die PEL 85-eksplorasieblok is Azule Energy Exploration Angola, Namcor en Korres Investments.