Namibië se Jwala en welpies nou vry
Die Namibiese jagluiperd Jwala en haar vier welpies is Vrydag in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat. Jwala en haar kroos, wat in Januarie verlede jaar gebore is, was voorheen in ‘n kamp. Die Namibiese regering het in September 2022 twintig jagluiperds aan Indië geskenk, waar dié spesie voorheen uitgewis is. Die Kuno Park is nou die tuiste van 26 jagluipers, waarvan vier uit Namibië en agt uit Suid-Afrika afkomstig is. Veertien welpies is op Indiese bodem gebore.