Musk: X moet feite regkry

Elon Musk sê hy sal X se feite-nasporingvermoë regruk ná ‘n meningspeiling op dié platform toon dat president Volodymyr Zelenskyy van die Oekraïne die meerderheid steun in sy eie land geniet. Dit is in teenstelling met wat president Donald Trump glo. Musk, Trump se regterhand, beweer tradisionele media en regerings manipuleer die inligting. ‘n Professor in joernalistiek aan die Universiteit van Wisconsin-Madison wat in disinformasie spesialiseer, Lucas Graves, het Musk se uitlatings as “uiters kommmerwekkend” beskryf.