Kuberaanval: Paratus stel kliënte gerus
Paratus het kliënte gerusgestel dat al hul inligting wat op die wolk gestoor is, veilig is ná die groep Donderdag deur die kuberkrakersgroep Akira aangeval is. Geen eksterne partye het enige ongematigde toegang tot kliënte se inligting nie, het die besturende direkteur van Paratus, Andrew Hall, in ‘n verklaring verseker. Die hulp van internasionale kuberveiligheidspesialiste is ingeroep, sê Paratus. Kliënte is gemaan om waaksaam te bly en enige verdagte e-posse of skakels by Paratus aan te meld.