AfriForum bevraagteken SA misdaadsyfers
AfriForum is skepties oor die polisie se jongste misdaadstatistieke en bevraagteken of dit ‘n ware weerspieëling van misdaad in Suid-Afrika is. Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het afnames in moord en veediefstal aangemeld, maar AfriForum beweer veiligheidstrukture op voetsoolvlak sien nie betekenisvolle veranderings nie. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê swak rekordhouding en die wanbestuur van misdaad-data is kommerwekkend. Hy vra streekwetstoepassing-strategieë om misdaad te bekamp.