Tyla en haar treffer Water maak Spotify-geskiedenis
Die Suid-Afrikaanse musieksensasie, Tyla, het geskiedenis gemaak deur die eerste solokunstenaar uit Afrika te word wat ‘n miljard stromings op Spotify kry, met haar treffer, Water. Die liedjie het die eerste Afrikamusiek-toekenning op die Grammy’s gewen, asook die top-Afrobeats-liedjie op die Billboard-musiektoekennings en beste Afrobeats-video op die MTV Video-musiektoekennings. Spotify sê hierdie geskiedkundige oomblik bevestig Tyla se plek as een van die invloedrykste nuwe stemme in musiek en die toenemende wêreldwye invloed van Afrika se kunstenaars.