Tiener-selfdood styg kommerwekkend
Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen die ouderdomme van 15 en 24, net ná motorvoertuigsterftes en moord.