Mega-boer van Botswana gesels oor reën
Swaar reën oor groot dele van Botswana het oorstromings veroorsaak maar, boere juig na twee jaar se droogte. Een mega-boer in die land, Hugo Lemcke wat saam met sy pa Rudi ses stoetplase met 1 000 Brahman bees, 700 Simmentalers, 350 Simbra, 300 Droughtmaster, 100 Charlais en 80 Braunvieh, bestuur, sowel as 7 000 kommersiële koeie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is net baie water maar geen erge skade nie.