Lodge-eienaar naby Maun gesels oor Botswana-reën

Botswana het uiters goeie reën ervaar met oorstromings wat in die hoofstad en elders voorgekom het. Dit kom na twee jaar se droogtetoestande. Kosmos 94.1 Nuus het met Russell Lind, eienaar van Tshima Bush Camp Botswana, naby Maun gepraat. Hy sê die infrastruktuur sukkel.

Die regering het ook besoekers gewaarsku oor die toestand van paaie in die Chobe- en Moremi Nasionale Parke, veral laagwater brûe.