Kenner sê oor herlewing van Air Namibia soos NNN beloof

Reaksie word ontvang op planne deur die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat Air Namibia weer op die been wil bring. Die maatskappy se likwidasie, in 2021 aangekondig, is nog nie afgehandel nie. Daar is natuurlik reuse-uitdagings. Die ligging van die land teenoor belangrike bestemmings het ‘n groot impak op die winsgewendheid van die redery. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner dr. Guy Leitch gepraat.

Hy sê Namibië kan ‘n blaadjie uit Suid-Afrika se boek neem.