Hof sê ja vir Trump se massa-afdankings
‘n Amerikaanse regter het ‘n poging deur vakbonde verwerp om ‘n stokkie te steek voor president Donald Trump se massa ontslag van federale werkers. Die administrasie wil ontslae raak van proefwerkers, wat vir minder as ‘n jaar aangestel is, in wat lyk na verkwistende en bedrieglike regeringsbesteding. Regter Christopher Cooper sê die vakbonde moet hulle regsuitdagings neem na die federale arbeidsraad, wat geskille aanhoor tussen vakbonde en federale agentskappe. Onlangse data toon meer as 200 000 werknemers het vir minder as ‘n jaar vir die federale regering gewerk.