G20: Cyril vra oplossings vir geopolitieke spanning 

President Cyril Ramaphosa het G20-leiers aangemoedig om op oplossings vir geopolitieke spanning en toenemende ongelykheid te fokus. Hy het tydens die G20-vergadering van buitelandse ministers in Johannesburg gepraat en beklemtoon hierdie kwessies bedreig globale bestendigheid en vereis vaartbelynde oplossings. Ramaphosa vra ook meer finansiële ondersteuning vir ontwikkelende lande, veral vir rampherstel en billike energie-oordrag: