Elektroniese fondsoordragte slaan kontant bloedneus

Volgens die Bank van Namibië het elektroniese fondsoordragte Namibiese betalingstransaksies in 2024 oorheers en 1,26 triljoen Namibiese dollar bereik, gevolg deur kaartbetalings van 119,99 miljard dollar. E-geldtransaksies het 35,31 miljard dollar bereik, terwyl kontanttransaksies aansienlik agter was op 5,61 miljard dollar. Die sentrale bank beskryf hierdie verskuiwing as ‘n finansiële rewolusie, met digitale transaksies wat vinnig kontant verbygesteek het as die voorkeur-betalingsmetode. Die bank se onlangse verslag oor bankfooie en heffings beklemtoon dat plaaslike banke toenemend betalings op verskillende digitale- en transaksiedienste hef.