DRK roep sy wegholsoldate tot orde

Die Kongolese weermag het ‘n beroep op wegholsoldate gedoen om weer by hul eenhede aan te sluit, terwyl ander skote afgevuur het en dele van die oostelike dorp Lubero geplunder het nadat hulle na gevegte met rebelle gevlug het. Die onrus dui op toenemende wanorde binne die Kongolese weermag ten tyde van die M23-rebellegroep se voortgesette offensief. ’n Verklaring van ’n militêre woordvoerder vir operasies in Noord-Kivu-provinsie het wegholsoldate rondom Lubero beveel om binne 12 uur na hul poste terug te keer.