Daurês-pyplyn se begroting te min 

Die beplande Ozondati-Omatjete-pyplyn kan nie voltooi word nie omdat die Erongo-streeksraad ‘n verdere 1,2 miljoen Namibiese dollar nodig het. Volgens plaaslike media het die aanvanklike berekeninge kortgeskiet wat die koste van die totale projek in die Daurês-kiesafdeling nou bo 30 miljoen dollar stoot. Omajete sukkel meer as ‘n dekade met watertekorte en bronne is in Ozondati, sowat 31 kilometer ver, geïdentifiseer. Ten spyte van die geldtekort, sê die streeksraad hy sal die projek teen Mei vanjaar, die oorspronklike sperdatum, voltooi.