Arabiere skarrel vir alternatiewe Gaza-plan
Arabiese state skarrel om ‘n alternatiewe plan vir Gaza te beraam, maar moet nog kritieke kwessies aanpak soos wie die rekening sal betaal vir heropbouing van die gebied wat deur die VN op meer as $50 miljard geraam word. Daar is ook kwessies oor hoe die strook bestuur sal word. Leiers van Arabiese Golflande plus Egipte en Jordanië sal later vandag in Riaad vergader. Trump se plan, wat op 4 Februarie aangekondig is tydens ‘n brose wapenstilstand tussen Israel en Hamas in Gaza, het die Palestyne en Arabiese ontstoke gelaat.