Yoon maak eerste verskyning in hof

Suid-Korea se beskuldigde president Yoon Suk Yeol het vandag in die hof in Seoel verskyn vir die eerste verhoor van sy hoogverraadsaak na hy krygswet in Desember ingestel het. Die hof het ‘n bod van Yoon se prokureurs aangehoor om sy aanhouding te kanselleer. Hulle sê dat daar geen risiko bestaan dat Yoon probeer om bewyse te vernietig nie. Die aanklagte is ongekend vir ‘n sittende Suid-Koreaanse president, en indien skuldig bevind, kan Yoon jare tronkstraf opgelê word.