Trump se voorkeur vir Rusland dalk voordelig vir ons

Amerikaanse president Donald Trump beplan om later die maand Russiese president Vladimir Putin te ontmoet vir onderhandelinge om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Na samesprekings tussen die VSA en Rusland in Saoedi-Arabië, het Trump vertroue uitgespreek dat vrede gesluit kan word, en Kiëf se uitsluiting by die onderhandelinge van die hand gewys. Die samesprekings kan globale alliansies hervorm. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gesels oor of daar voordele vir Afrika-lande kan wees.